Dioecesis Oudtshoornensis

Willy Lamont vereerWilly Lamont

Oudtshoorn: ’n Bekende Oudtshoorniet, Willy Lamont, het Sondag (17 Des) die pouslike Bene Merentimedalje ontvang vir 40 jaar getroue diens aan die Bisdom Oudtshoorn. Willy is die boekhouer en vise-kanselier vir die Bisdom Oudtshoorn, en is verbonde aan die St Niklaas Katolieke Kerk op Oudtshoorn.

Hy het in 1977 in die kantoor van wyle biskop Manfred Gottschalk begin werk waar vader Karl Vogel, destydse sekretaris en kanselier, hom in boekhouding en algemene kantoorbestuur opgelei het. Emeritus-biskop Edward Adams het hom in 1994 as vise-kanselier aangestel.

Die medalje wat aan hom toegeken is, bestaan uit ’n goue Griekse kruis waarop Christus, met sy hand in ’n seëning uitgestrek, uitgebeeld word. Op die linkerarm van die kruis is die simbool van die pousamp, naamlik die pouslike kroon en die Petrussleutels. Regs is die wapenskild van die huidige pous Franciskus. Die medalje hang aan ’n wit en geel lint, die kleure van die Vatikaan. Met dié toekenning sluit Lamont aan by ’n uitgelese groep wat die medalje ontvang het sedert dit in die 1700’s vir die eerste keer toegeken is.

Biskop Frank de Gouveia, huidige biskop van Oudtshoorn, sê Lamont het dié toekenning gekry vir vier dekades se getrouheid en toewyding aan sy werk wat hom ’n ooggetuie gemaak het van hoe die bisdom oor ’n lang tydperk verander het. De Gouveia het bygevoeg dat die toekenning ’n erkenning is van Lamont se goeie voorbeeld.

Vader Wim Sabo van die St Niklaas Katolieke Kerk het die pouslike medalje, op Sondag, 17 Desember, die derde Sondag in Advent, aan Lamont oorhandig.

Vader Leon Mostert, parogiepriester, het gesê dit is die eerste keer dat so ’n eer die plaaslike gemeente te beurt val en dat die gemeente trots op Lamont is vir die uitsonderlike prestasie.

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save