Corpus Christi in Beaufort-Wes

Sentrale Dekenaat vier Corpus Christi saamAfsluiting  van Maria-maandOudtshoorn, 09 Junie 2010: Op Sondag 6 Junie het die parogies van die Sentrale Dekenaat op Beaufort-Wes saamgekom om die plegtigheid van die Allerheiligste Liggaam en Bloed van die Here te vier. Vr. Dennis Ongansie C.O. was die hoofselebrant by die Heilige Mis en die homilie is deur Vr. Leon Mostert C.O. gelewer. Die deken, Vr. Hermanus Swartz, en Vrs. David Dettmer C.O. en Vernon Meyer C.O. was die konselebrante.

Ná afloop van die Heilige Mis het daar ’n plegtige prosessie met die Allerheiligste Sakrament deur die strate van Beaufort-Wes plaasgevind. Ten spyte van die winderige weer het al die aanwesiges duidelik en sigbaar getuienis gelewer van ons geloof in die Liggaamlike Teenwoordigheid van onse Here. Daarna is almal op ’n heerlike warm maaltyd getrakteer wat deur die parogie van Heilige Kruis voorberei is.